Ons bevorder
INDIVIDUELE ONTWIKKELING
waar ons voetspore ookal mag trap

In talle dorpe en woonbuurte dwarsoor Namibië, steek armoede sy hand uit. Verslawing hou mense vas. En selfwaarde is skaars soos water in ’n woestyn.
Dis nie net die liggaam wat ly nie. Dis ook die siel. Want as mense nie glo hulle het waarde nie, is dit moeilik om te glo dat Jesus hulle liefhet. En as jy vasgevang is, is dit moeilik om te verstaan dat Hy vrymaak.
Maar daar is hoop.

Ons glo dat Jesus steeds lewens verander. En ons weet dat gemeenskappe ‘n nuwe toekoms kan hê — nie net op aarde nie, maar vir ewig.
Daarom het ons ander nodig. Mense. Bedieninge. Wat saam met ons wil bou. Saam wil werk. Wat ’n verskil wil maak wat hou.
As jy geroep voel om deel te wees van iets wat meer is… iets wat blywend is… kom werk saam met ons.
Die oes is groot. Die werkers is min. Maar saam, en met God se hulp,
kan ons lig in duisternis bring.

Waar presies is JOU Sendingveld?

Jy hoef nie alles op te gee om deel te wees van God se plan vir die nasies nie.
Jy hoef nie jou werk te los, jou huis te verkoop, of jouself te skeur van almal vir wie jy lief is nie.

Maar jy MOET verstaan:
Die Groot Opdrag is nie ’n voorstel nie. DIS ‘N OPDRAG – vir elke kind van God. (Matt. 28:19-20)

Dis nie net vir sendelinge wat grense oorsteek nie.
Dis vir my. Dis vir jou
.

By jou werk. Op die sportveld. Tussen jou vriende… en selfs jou vyande.
Daar moet ons lig skyn. Daar moet hoop groei.


Maar wat as jy nie self kan gaan nie?
Dan kan jy steeds deel wees. Jy kan bid. Jy kan gee. Jy kan dra…
Vir diegene wat alles opgegee het vir die Koning.

En as jy wel voel die Here roep jou om méér te doen — om fisies betrokke te raak —
dan is jy welkom om met ons te gesels. Ons sal jou help om die eerste tree te gee.


Want die wêreld wag.
En iemand moet gaan.

Ontdek jou plek
in God se Groot Opdrag

Neem ‘n oomblik en aanskou hierdie drie kort video’s waarna jy jouself kan vra waar jy staan in verhouding
met God se groot opdrag, soos opgeteken in Matt. 28: 19 – 20, wat ook aan jou gegee is.

Die volgende vraag wat outomaties sal volg is: Here, hoe en waar gaan ek betrokke raak?

Eric Ludy – The Gospel
Eric Ludy – Depraved Indifference
David Wilkerson – A Call to Anguish

Bedienings Biblioteek

Ons is diep dankbaar.
Vir elke gebed. Vir elke hand wat gee. Vir elkeen wat saamstaan, saam werk, en saam bid. Jý maak die werk moontlik. Dis nie net ons bediening nie — dis ons s’n, saam met jou.
As ’n span gee ons aan Jesus Christus, ons Here en Meester, al die lof, al die eer, en al die aanbidding. Want sonder Hom… en sonder jou… sou dit nie kon gebeur nie.

Voel jy dalk dat die Here met jou praat? Oor jou rol, jou bediening.
Oor jou moontlike betrokkenheid.
Dan nooi ons jou om stil te raak… te luister… En as jy vrede ervaar — kom praat met ons.
Jy hoef nie dadelik te weet hoe nie.
Jy hoef net beskikbaar te wees.
God gebruik gewillige harte om onmoontlike dinge moontlik te maak.


Malawi

Uitreike

Die Sendinghuis

Pastorale Berading

Gemeenskap

Projek Genade

Regdeur die jaar maak ons komberse, droeë Rantsoen Kospakkies, Bybels ensovoorts bymekaar vir diegene wat dit werklik benodig.


Bybel Verspreiding

Bybels vorm integraal deel van ons bediening, en so word Bybels geplaas by individue, skole, spanlede ensomeer ter uitbreiding van God se Koninkryk.

Ons kinders is môre se leiers…

Daarom gee ons daarop ag
om hulle met God se Woord
toe te rus.
Of dit nou in kinderkerk
of Voorskools is:
Hulle verdien altyd
die allerbeste.


GEBEURE KALENDER

Wat is volgende in die Co-Missions 4 Jesus – Namibië dagboek?
Kontak ons gerus indien u op welke wyse by hierdie dagboek inskrywings betrokke sou wou raak.

Blaai regs vir meer gebeure. (Indien van Toepassing)

Bethanie Uitreik

Ons geskeduleerde uitreik sal plaasvind die 4 – 5 Junie 2025.

Tydens hierdie uitreik gaan ons nie alleen ons maandelikse omgeegroep byeenkoms meemaak nie, maar sal ook

skool besoeke, les voorbereiding en opleiding met betrekking tot die 2025 kurrikulum aan onderwysers
in beidie Bethanie asook Kosis bied.

Luderitz Uitreik!!

Co-Missions 4 Jesus Namibia besoek ook ons vriende in Luderitz by Faith Valley Christian Centre
die 6 – 7 Junie 2025 vir die maandelikse skoolbesoek.
Na afloop van die klasbesoek sal Past. Elroy ook ‘n lering oor Dissipelskap lewer ten einde hierdie geliefdes
te ondersteun in hul verantwoordelikheid binne die Groot Opdrag.

Koës besoek en Opleiding

Skoolbesoeke aan die Koës voorskool onderwysers vind middel Junie 2025 plaas,
terwyl Grunau se skooltjie kort daarna sal volg.

Keetmanshoop Skoolbesoeke

Maandelike besoek sal weens al die vakansiedae en die skoolvakansie daarmee saam,
oorstaan na die heropening van die skole.


ONS GELOOFSVERKLARING

Ons Geloofsverklaring kan hier nagespeur word.
Lees en ondersoek dit gerus om te sien waarin Co-Missions 4 Jesus Namibië en sy direksie in glo.